my moeder

my ma is so 3 mnd terug met borskanker gediagnoseer dit was vir almal n groot skok want niemand het gedink dit sal met ons familie gebeur bloot oor die fiet dat daar geen kanker in ons familie is nie. haar bors is die 17 de desember afgesit en sy is die 19 des ontslaan, sy is n baie strerk vrou en vat die hele storie nogal goed.
Ek en sy het een dag so in die badkamer gestaan want sy wou n bra aantrek maar oor haar wond nog seer was kon sy nie, ek het toe voorgestel dat sy een van hierdie sport tipe bra aantrek, dit het so vreemd gelyk dat ons altwee in trane uitgebars het net die blote feit dat daar geen meer bors was,was snaaks, dit was die enigste keer wat ons gehuil het. vandag was sy vir haar eerste afspraak by die kanker dokter en sy gan nou begin met gemo, hulle het gese dit sal 28 weke van behandeling wees. dit is n lang pad wat nog vir ns voor le. so almal wat lees bid vir ons asseblief. groette sonja

SONJA
PRETORIA, South Africa